Gunter Geyer kom gister by die hof aan.
Hanti Otto
“Dronkbestuur is ’n keuse”, “Teregstelling deur voertuig” en “Killer drivers: it’s about time – Jail time”.
Dit was van die plakkate wat ’n groep mense gister buite die Hatfield-gemeenskapshof in Pretoria in stille protes teen dronk en roekelose bestuurders vasgehou het.
André Nel het met ’n plakkaat met ’n foto van sy broer op in die hofsaal gestaan waar Gunter Geyer op aanklagte van strafbare manslag en dronkbestuur verskyn het.
Geyer (21), die seun van adv. Karen van Rensburg van die nasionale vervolgingsgesag, het vroeër skuld beken.
Hy het Louis Willem Andries Nel (64), besturende direkteur van die farmaseutiese maatskappy Brunel, en sy drafvriend, in die oggendure van 20 April 2011 van agter af met sy motor getref terwyl hulle in Lynnwoodweg, Pretoria, gedraf het.
Nel is op die toneel dood en sy vriend beseer. Geyer is op die toneel gearresteer en later op waarskuwing vrygelaat.
Die saak is gister vir voorvonnisverslae en vonnisverrigtinge uitgestel omdat die landdros siek was.
Daarby het Wessie Wessels, Geyer se prokureur, aangedui hy wil graag voor die vonnisverrigtinge ’n deskundige raadpleeg.
Buite die hof het Emsie Frank, ’n vriendin van Nel se dogter, Paulet, gesê hulle het die vreedsame betoging gereël om bewustheid te wek oor al die drawwers en fietsryers wat oor die jare op die paaie “afgemaai is”. “Ons hoop om deur groter bewustheid nog sulke tragedies te verhoed. Ons wil die regering se aandag op die probleem vestig, want iets drasties sal aan dronkbestuurders gedoen moet word.”
Karen Meyer, DA-woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Tshwane-metro, het gesê: “Tussen 60% en 70% van motorongelukke word deur dronkbestuurders veroorsaak.”

Vriende en familie van Louis Nel het saam met die DA ’n protesaksie teen dronk- en roekelose bestuur buite die hof gehou. Foto’s: Alet Pretorius


Johannesburg - The driver in the fatal crash that killed 










